Klipheuwel Farm Run

Soos die seisoene verander moet ons ook aanpas. Maak seker van die wegspring tyd!!

10KM @ 09H00

5KM / 7.5KM @ 09H15

Moenie haastig wees huis toe nie! Neem fotos, geniet die veld en vat 'n vinnig afkoel swem, as jy braaf genoeg is, in die rivier. Elke deelnemer kry ook 'n unike The Hex Trails "finishers's medal"!

Alle afstande kan gestap of gedraf word!

Die roetes is uitdagend genoeg om dit interessant te hou en maklik genoeg dat enige iemand dit kan stap/draf, met 'n bietjie moeite.

Elke inskrywing sluit in 'n gratis yskoue Coca Cola of Devil's Peak Lite (vir die bo 18) in; of 'n heerlike, warm Lara's Coffee Bar and Bakery Cappuccino vir slegs R15.

Daar sal ook eetgoedjies te koop wees!

SKRYF AANLYN IN EN STAAN 'N KANS OM TE WEN!!

Een gelukkige aanlyn inskrywing sal twee nagte se "mid-week" verblyf in een van klipheuwel Farm se "luxury" cottages wen. Die cottage is 'n selfsorg eenheid met 'n klein kitchenette, en-suite, dubbel bed en aircon. Braai fasilitiete is ook beskikbaar.

• Prys ter waarde van R1500.
• Wenner sal bekend gemaak word sodra almal klaar is

Om vir die prys in aanmerking te kom, moet jy aanlyn inskryf, maar Kontant / Kaart inskrywings word op die dag aanvaar.

​Tegniese Inligting

5km

• Wat kan jy verwag op die Roete: Plaas-, Sand- en 'n bietjie klippad (net om dinge interessant te hou)
Afstand : 5km
Registrasie : 08:30 - 09:05
Begin : 09:15
Koste : R50/pp (sluit in 'n yskoue Coke)

• SKRYF ONDER IN

+/- 7.5km

Tipe : Berg, Veld, Sement (Hike/Trail Run)
Afstand : 7.5km
Registrasie : 08:30 - 09:05
Begin : 09:15
Koste : R60/pp

• SKRYF ONDER IN

+/- 10km

Tipe : Berg, Veld, Sement (Trail Run/Hike)
Afstand : 10km
Registrasie : 08:30 - 08:55
Begin : 09:00
• Koste : R70/pp

• SKRYF ONDER IN

SKRYF HIER IN

BAIE BELANGRIK

DAAR IS GEEN WATER PUNTE OP DIE ROETES NIE.
RIVIER WATER IS VEILIG OM TE DRINK, SOLANK DIE RIVIER NIE STIL STAAN NIE.
BRING GENOEG WATER VIR DIE AFSTAND WAT JY BEPLAN OM TE DOEN.

MAAK SEKER JOU SKOENE IS STEWIG EN GEMAKLIK.
FLIP FLOPS GAAN VERSEKER 'N "FLIPPEN FLOP" WEES, SO LOS HULLE MAAR BY DIE HUIS.

EVENT RULES

No littering! Leave nothing but footprints; take nothing but memories.

You should be fit and healthy enough to cover the distance unsupported.

Children under 13 to be accompanied by an adult.

The event is completely at your own risk.

HONDE IS WELKOM

Maar daar is ongelukkig reëls, sodat almal die dag kan geniet.
Alle honde moet op leibande wees te alle tye.

Slegs 1 hond per persoon en die persoon moet die hond kan beheer.

Jou hond moet gemaklik op 'n leiband kan loop. Dele van die roete is op 'n bergpadjie, wat gevaarlik kan raak vir jou, jou hond en die mense voor of agter jou as jou hond jou rondsleep.

Honde moet gesosialiseer wees met ander honde en mense - honde raak opgewonde en blaf, dis nie so erg nie, hulle gesels net. Solank hulle nie agressie toon nie is daar nie 'n probleem nie.

Geen honde in die swembad of splash pools nie, hulle is welkom om in die dam af te koel.

Maak seker jy vat vir jou hond ook water saam vir die stap. Water sal beskikbaar wees vir honde by Klipheuwel Farm Venue na die stap/draf

ACCOMODATION

Weekend accommodation can be arranged. Please contact Klipheuwel Farm to book you accommodation. First some first serve.
Farmhouse Unit 1 = 11 people (Sharing)
Farmhouse Unit 2 = 5 people (sharing)
Cottage 1 = 2 people (sharing)
Cottage 2 = 2 people (sharing)
Camping = about 15 tents (bring own camping gear)

Contact: Mara le Roux @ 082 821 4600